Wat's die bohaai om Salt?
Want ek verstaan dit nie.
Dis 'n standaard-nuwe-millennium-aksiefliek, maar met Angelina Jolie in die hoofrol.
Ek ontken nie vir 'n oomblik Jolie is nié omgewe van 'n spesiale aura nie, maar sy's hier allermins die Jolie waaraan 'n mens gewoond geraak het. In Tomb Raider jaag sy behoorlik jou bloeddruk op; in A Mighty Heart en Changeling gryp sy jou aan die hart. Maar in Salt (foto: blacknailedreviews.blogspot.com) val haar vertolking van 'n tawwie tienie met 'n sagte hart by die krake in, want sy's nie warm of koud nie. En ons weet wat gebeur met diégene ...
Ek kan sommer sien hoe dié karakter verder "ontwikkel" gaan word: Nog twee vervolgflieks a la Jason Bourne waarin die eendimensionele Evelyn Salt bietjie lyf gegee word (en Jolie het dit nodig, al is dit net op fisieke vlak, want sy's net te maar; waar's die lyflike vrou van voorheen?). 'n Spook uit die geskiedenis hier; 'n nuwe liefde daar en siedaar! 'n Kitsproduk van 'n vae gedagte.
Die bemarkingsveldtog om Salt berus skynbaar grootliks op dié gedagte van Bourne-aksie, maar met 'n hot chick in die hoofrol. Gaap! Jy moet heelwat beter doen as in Salt, Angie. Enigeen van Alien se Ripley en Resident Evil se Alice tot Michelle Yeoh en die gemiddelde 24-vrouekarakter sal Salt se gat skop. En in Ultraviolet het Milla Jovovich net soveel beter met lang, swart hare gelyk.
Geen grense word in Salt verskuif nie - behalwe dié van geloofwaardigheid - en dis gou duidelik dié fliek dien net een doel: Om 'n konsessie bekend te stel. Salt is maar 'n vroueweergawe van Mission: Impossible se Ethan Hunt. Darem kan 'n tweede Salt-fliek net beter wees as M:I II en M:I III sáám, so dis iets om na uit te sien (op 'n masochistiese manier).
Ek het nog altyd ontvlugting in die fliekteater gevind. Soos Joan Allen se karakter in The Contender opmerk wanneer sy in die Amerikaanse kongresgebou staan: Dié is my tempel. Hier aanbid ek. Maar as Salt die soort "intelligente aksiefliek" is waarmee ek tevrede moet wees, is my geloof aan't wankel. Dis maar net nog van dieselfde ou Hollywood-wors.
En van die eerste proesel was dit maar af.

No comments:
Post a Comment